Jerome Rex – Wrywing

Lyrics
Verse 1:
Janne man, hoe voel ‘n man dan nou so otherwise?
Sy sê ek hoor nie wat sy sê nie, ek is kamma like
Arrogant en vol houdings, ek verstaan nie daai
Sy gooi daai woorde in my rigting, ek cover drive
Want cowboys don’t cry
Ek het my trots en ek laat niemand naby soos daai
Tog soek ware liefde arms wawyd en saai
Kwesbaarheid vir kwesbaarheid en trek ons kaal uit, ons try
Dit het begin met… ek weet nie eers nie
Ek laat mos nie vir my die leviete lees nie
Iets oor die kinders, toe’s my bloeddruk in die stratosfeer
Sy skree, ek skree, ai
Vader, hier gat ons weer
Wat bedoel jy wat bedoel ek?
Ek het ook ‘n hart en dit raak ook seer
Noudat ek kon voel wat jy gevoel het
Ek weet jy’s moeg baklei, kom ons lê ons wapens neer

Chorus:
Ek skree, sy skree
Dis die wrywing wat dreig om ons te verskeur

Verse 2:
En nou is alles deurmeketaar
Weer lekker kwaad eerlik ek haat dit, ons is stil met mekaar
En ek het geen verweer as ek praat
Veel het ook raad, deel uit hul spraak maar is nie redelik instaat
In die stilte, ken jy daai stilte?
Daai “geen meer woorde om te sê nie” tipe stilte
Wanneer ek stilsit, die bitter pil sluk
Leer ken ek dan myself en trek daai skil terug, want…
‘n Hart vat tog ‘n ruk om te verander
Som foute eis meer as net ‘n drukkie en ‘n “jammer”
Uitdagings wil ‘n wig tussen ons druk om te verarm
Daai konflik is ‘n strik, so wees versigtig en bly kalm
Omhels die erg, ons moet gesels, dit werk
Onsself versterk en oorkom elke berg
Oorstelp, ons kers word nooit verswelg, ek merk
Dis verreweg die soetste dood om in jouself te sterf

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s